
=====================================================================
Andertaliges daag mekaar in Afrikaans uit (AV 5:1)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Andertaliges daag mekaar in Afrikaans uit

By di Natalse kompetisie praat die land se taalgroepe Afrikaans, berig Frans van Niekerk.

"BUITE die klaskamer bestaan daar vir ons leerlinge te min geleenthede om Afrikaans te praat. Laat staan nog uitdagings soos kompetisies. 
Natal is tog s Engels" ... So het ons baie Natalse onderwysers van Afrikaans Tweede en Derde Taal in die laat tagtigerjare hoor kla.

Onderwysers van Afrikaans Eerste Taal het 'n keuse uit talle redenaarskompetisies vir hul leerlinge gehad. Die Rapportryers wou ook juis in   
daardie stadium iets vir Afrikaans probeer doen. Die gevolg? In 1991 is die Stoffel Nienaber Redenaarskompetisie vir nie-moedertaalsprekers 
van Afrikaans in 'n prokureurskamertjie in Pietermaritzburg gebore. (Die kompetisie is genoem na wyle prof. Stoffel Nienaber. Prof 
Nienaber, sy ouer broer prof.   Gawie Nienaber en sy vrou, prof. Miep Nienaber-Luitingh, het saam 91 jaar diens aan die Universiteit van 
Natal gelewer en hulle gewy aan die bevordering van Afrikaans onder alle groepe in die provinsie.)

Ons, so vierstuks Rapportryers, het destyds kans gesien om so 'n kompetisie te waag, maar vir eers net in Pietermaritzburg en kontrei. Die 
blanke skole langs die teerpaaie het nie op hulle laat wag nie en die Indirs het spoedig gevolg. Trouens, die Indirskool Stanger Manor 
Secondary het sedert die   ontstaan van die kompetisie nog elke jaar 'n spreker in die eindronde.

Die kompetisie het gegroei en gou provinsiale status verkry, maar dit was eers in 1996 dat die groot deurbraak gekom het -- na skole langs 
en ook verder weg van die stofpaaie ...

Om ook die swart leerlinge te betrek, het ons gaan inligtingsessies hou. Op so 'n middag in Pietermaritzburg het net twee, maar in 
Ladysmith darem so nege swart onderwysers opgedaag.

Ons het ons bes gedoen om hulle tot samewerking te oorreed en het stadig veld gewen. Onder die dertien finaliste in 1996 was daar vier 
Zulusprekendes en een Xhosasprekende. Hoe sou hulle die kollig in die eksklusiewe Sinodale Sentrum hanteer? het ons gewonder. Hoe dom was 
ons nie. Selfs 'n meisie diep uit die distrik Nqutu, waar 'n telefoon nog nie kon bykom nie, het sonder kaartjies, met 'n ritmiese wieg van 
haar lyf, haar s kom s -- afgerig deur die kringinspekteur, mnr. Mtshali. En toe wen Amanda Msindwana, 'n   Xhosasprekende meisie van 
Port Shepstone High School, die kompetisie. Sy het gesprankel in haar praatjie: Om jongmens te wees in 'n nuwe, veeltalige Suid-Afrika.

Die vyftig skole wat in 1996 deelgeneem het, het vanjaar tot sestig gegroei. Swart, bruin, blank, Indir en Taiwannees het onder die 
finaliste getel. 'n Taiwannese meisie van die Horskool Ladysmith,   Daphne Pi Han Lin, het   vanjaar weggestap met die Eerste Prys van R10 
000 (plus Afrikaanse boeke vir haar skool ter waarde van R1 000, geskenk deur Tafelberg Uitgewers). In die tweede plek was Nicole Rabaud   
van Durban Girls' College (haar ma Engels- en haar pa Franssprekend). Derde het geindig Catherine Govender   van St Mary's DSG in Durban. 
Die onderwerp was vanjaar: Die siekte van ons tyd: ons praat te veel en doen te min.

Met die Stigting vir Afrikaans, wat nou as primre borg die hand na ons uitgesteek het, die voortgesette hulp van ons gewaardeerde ander 
borge en die visie van ons beskermheer, adv. Danie Schutte, kan en wil ons, die   viermanrelingskomitee, aanhou bre bou. Dalk nog eendag 
met di bre die land oorspan.

Mnr. Frans van Niekerk   is die kordineerder van die kompetisie.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5123.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Januarie 1998 /// Geen middelmatigheid vir ons jeug (AV 5:1) /// 
Afrikaans en die Universiteit van Natal (AV 5:1) /// Die Stigting nou en vorentoe (AV 5:1) /// Medewerker van die Boekebeurs in Vlaandere 
(AV 5:1) /// Hartlik dank vir die terugvoering (AV 5:1) /// Di Afrikaans staan nie in woordeboeke nie (AV 5:1) /// Hou op kla en doen iets 
positiefs! (AV 5:1) /// M-Net se verhouding tot Afrikaans (AV 5:1) /// Afrikaans in 'n demokratiserende Suid-Afrika (AV 5:1) /// Fase Twee 
van di inisiatief l nog voor (AV 5:1) /// Taalkreatief? vir seker Afrikaans kreatief (AV 5:1) /// (Her)ontdek Nederlands via Afrika (AV 
5:1) /// Dit gaan goed met Afrikaans in die Oos-Kaap (AV 5:1) /// Vroeg al gestry vir Afrikaans (AV 5:1) /// Beterskap vir moe meisie (AV 
5:1) /// Nederland leer kinders die waarde van lees (AV 5:1) /// In die speurroman tel die Jakob sonder die ware (AV 5:1) /// Geen 
anglisisme nie (AV 5:1) /// Afrikaans word net in SA gesing -- s wie? (AV 5:1) /// Die antwoord is: aanpasbaarheid /// Ons Angel-Saksiese 
pleknaamgewing (AV 5:1) /// Privaat skole verseker moedertaalonderwys (AV 5:1) /// Andertaliges daag mekaar in Afrikaans uit (AV 5:1) /// 
Niks doen dit soos Afrikaans nie (AV 5:1) /// Radio sonder grense vandag (AV 5:1) /// Grootword met Boerneef en boeremusiek (AV 5:1) /// 'n 
Glimlag vir Anna (AV 5:1) ///

